Kleingroepe

Huisies
‘n Kleingroep of Bybelstudiegroep is ‘n plek van verhouding, waar ek kan beleef dat ek aanvaar word. ‘n Plek waar ek omgee en versorging kan beleef. Dit is ook ‘n plek waar ek kan leer om meer sensitief te wees vir die behoeftes van ander. Weekliks kom lidmate in kleingroep bymekaar om saam die Woord van God te bestudeer, saam te bid, mekaar te bemoedig en te motiveer.

By die Kerk vir vandag en more se mense, hoop ons dat mense in kleingroepe saam op reis sal wees na ‘n dieper verhouding met God.  Dit sal beteken dat ons hegte vriendskapsbande sal smee omdat ons saam besig is om soos Christus vir mense om te gee.  Maar ons doel is nie slegs om saam te kom sódat ons vriende kan word nie –  ons doel is om Christus te volg in sy missie op aarde. Op dié manier word ons mense wat omgee vir mekaar en vir alle mense.

Indien jy graag by ‘n Kleingroep / Bybelstudiegroep wil inskakel, kontak gerus die kerkkantoor. Tel: 021 508 0014 of kantoor@ngkwelgelegen.co.za