Eredienste

 9:00 Sondae – Gesamentlike erediens

         met kleuterkerk (slegs tydens skoolkwartale)
         met junior kategese (slegs tydens skoolkwartale)

Die hele gesin is hier welkom! Daar is ook ‘n aparte vertrek vir mamma’s met baba’s en ‘n oppasdiens vir kleuters tydens die erediens.

Die kleuteroppasdiens is vir kinders van 2-5 jaar. 

bk emailDaar word ‘n eenvoudige lessie met die kleintjies behandel en baie lekker gespeel. Mamma’s van die kleuters word ingedeel in diensspanne en maak dan beurte om die kleuters op te pas.
Besoek gerus hulle Facebook-blad.
Kinders van Graad R – Graad 6 verlaat die erediens gewoonlik ‘n paar minute voor ons afsluit. Ouers geniet ‘n koppie tee terwyl hul wag vir die kinders wat gewoonlik teen 10:30 klaar is.

18:00 Sondae  – Kontemporêre diens
          met senior kategese (slegs tydens skoolkwartale)

Oud en jonk is welkom by hierdie kontemporêre erediens met ‘n moderne aanslag van woordbediening en aanbidding.